Stefan Stassen

My groot vreugde is my bediening as predikant. Deel van daardie bediening is om mense met hulle geloofs- en lewensvrae te begelei.

Ek wil graag saam met jou reis deur jou lewe, maar dit bly eintlik JOU reis. Ek is net die omgee getuie van jou reis.

Die natuur en stiltes wat daarmee gepaardgaan is vir my “magic”. Daar voel ek God se teenwoordigheid.

My groot passie in spirituele begeleiding is om te LUISTER en ook te probeer verstaan. Die wete dat God altyd deel is van die gesprek maak my rustig en veilig voel. Ek gun daardie goddelike teenwoordigheid vir elkeen wat by my kom kuier.

Taalvoorkeur: Afrikaans

Ligging: Meyerton

Kontak Stefan Stassen