
Magdaleen du Toit
Magdaleen du Toit woon op Cullinan in Gauteng. Sy is opgelei as spirituele begeleier asook as gebedsbegeleier by die Jesuïte-instituut.
Haar spiritualiteit word gekenmerk deur stilte en ‘n kontemplatiewe leefstyl – eenvoud, ‘n stadiger lewensritme, herkenning van God in die detail van die alledaagse lewe, kreatiwiteit, deernis en omgee.
Sy beskou die geloofspad as ‘n avontuurlike reis wat sy met nuuskierigheid volg om te ontdek wat God daagliks vir haar in gedagte het, en sy loop graag as mede-ontdekker saam met individue op hierdie dieper pad.
Sy is ‘n ervare groeps- en retreatleier en bied naweekretreats en werkswinkels met verskeie geloofstemas aan. Sy beskou kreatiewe aktiwiteite as ‘n kanaal waardeur ons anderkant woorde bewus kan raak van wat in ons eie binneste leef en in daardie diepte na God kan uitreik.
Magdaleen is in persoon asook elektronies beskikbaar; sy reis ook graag om aanbiedings en retreats te lei.
Taalvoorkeur: Afrikaans
Ligging: Cullinan
