Johannes van der Merwe

Spirituele begeleiding is gewoon om intens teenwoordig by of met iemand te wees en met ’n baie oop gemoed te luister sodat jy as begeleier kan aanvoel wat dit eintlik in die ander persoon se gemoed is wat na die oppervlakte te kom. Dan moet ’n begeleier net so ’n bietjie van die rookmis voor ons oë probeer wegwaai. Dit is ’n luister-met-die hart-proses.

Dinge wat my inspireer:
Vrede, stilwees, harmonie, vreugde en unieke-mooi-wees, saam met die absolute oorvloedige seëninge waarmee God ons letterlik elke minuut verras.

Areas in spirituele begeleiding waarin ek spesialiseer of oor passievol voel:
Diep-luister, eerlike empatie en saam-wonder is my eenvoudige benadering. ’n Kontemplatiewe, “mindful” lewe.

Taalvoorkeur: Afrikaans

Ligging: Nelspruit

Kontak Johannes van der Merwe