
Janette Pieters
Vir my is die rol van ‘n spirituele begeleier onder andere om langs ‘n begeleide te loop, baie fyn te luister en die begeleide te help om God se werk en beweging in sy/haar lewe raak te sien. Ek voel passievol om self in die huidige oomblik te lewe en om ander te lei om God se liefde en teenwoordigheid/ sy bemoeienis met my in die alledaagse te ervaar.
Taalvoorkeur: Afrikaans
Ligging: Leisure Bay
