
Fransie Hancke
Ek word groot op ‘n plaas sowat tien kilometer buite Vaalwater. Die Bosveld se uitgestrekte helder hemelruimte, die bosplantegroei en die sing van sonbesies hou vir my ‘n besondere bekoring in, maar meeste van alles is dit die vreedsame stiltes wat tot my spreek. Waarskylik is dit waarom ek aanklank vind by die kontemplatiewe leefwyse, waar ek kennis gemaak het met spirituele begeleiding en die krusus as begeleier voltooi in 2016.
Die kosbaarste van spirituele begeleiding is die diep bewuswording van God in ons alledaagse lewens omstandighede. Om saam met iemand te sit en hierdie ryk belewenis te deel is heilige oomblik.
Taalvoorkeur: Afrikaans
Ligging:
