
Corina Lemmer-Wolmarans
Ek is Corina Wolmarans, ‘n boervrou, onderwyseres en kunstenares van KZN.
Ek dink spirituele begeleiding, saam met die Gebed van die Hart, is vir my verhouding met God soos brandstof vir ‘n motor. Essensieel. ‘n Gereelde terugkeer na die verrassende plek waar die Heilige Gees oorneem, hetsy as begeleier of begeleide!
Dit is wat my inspireer om betrokke te wees by begeleiding. My kunswerke word ook hierdeur, sowel as deur die natuur geinspireer. Kyk na corina_lemmer op Instagram.
Ek voel passievol oor verhoudinge met God en my medemens, oor kreatiwiteit, oor dieper kyk en om ingestel te wees op Sy Stem.
Taalvoorkeur: Afrikaans
Ligging: Winterton
