
Ansu Hollenbach
My passie tot diensbaarheid, my opregte deernis met mense en hul binnewêreld, tesame met my geloof en vertroue in God se genesende krag, het gelei daartoe dat ek die kursus in Spirituele Begeleiding in 2021 voltooi.
Ek is ‘n gekwalifiseerde somatoloog en ek bedryf my eie velsorgkliniek in Drie Riviere, Vereeniging.
Tans doen ek spirituele begeleiding deeltyds en ek nooi jou uit om die geestelike reis van selfontdekking en groei aan te pak en om bewus te word van God se teenwoordigheid in alle omstandighede.
Taalvoorkeur: Afrikaans
Ligging: Vereeniging
