Sedert die ontstaan in 2006, val die kursus vir Spirituele Begeleiers onder die Sentrum vir Kontemplatiewe Spiritualiteit van die Ring van Suidoos-Pretoria van die NG Kerk, maar sluit ook aan by Excelsus, die Sentrum vir Verdere Ontwikkeling van Bediening aan die Universiteit van Pretoria. Predikante kan 150 CPD-punte verdien vir die voltooiing van die volle kursus.
Die kursus is in 2006 deur ‘n Franciskaanse non, suster Mary Fisher, begin. Later het sy en dr Willem Nicol kragte saamgesnoer om die kursus saam aan te bied. In 2013 het sy na die VSA teruggekeer, maar haar nalatenskap in geestelike begeleiding en kontemplatiewe spiritualiteit leef voort in die geestelike landskap van Suid-Afrika.
Kriteria wat in ag geneem sal word by die keuse van ‘n aansoeker tot die kursus:
- ‘n Goeie begrip van kontemplatiewe spiritualiteit en die kontemplatiewe lewe.
- Reeds in ‘n gereelde persoonlike proses van geestelike leiding.
- Om ‘n gereelde en toegewyde persoonlike geloofsbeoefening te hê, wat onder andere kontemplatiewe gebed insluit.
AANSOEKPROSES EN KOMENDE KURSUSSE
Daar is tans ‘n spirituele begeleiers opleidingskursus aan die gang.
Die volgende kursus begin weer einde Junie 2027.
Aansoeke vir die volgende kursus sal eers in Januarie 2027 open.
‘n Skakel na die aansoekvorm sal hier geplaas word.
