
Wilma Van Niekerk
Ek dink geestelike begeleiding is waardevol om in verhouding te ervaar dat ons op ‘n reis is om God, onsself, ons medemens en die hele skepping beter te leer ken, verstaan, waardeer en liefde te ontvang en uit te leef.
Aangesien verhoudings vir my baie belangrik is, verkies ek om in ‘n eerlike, oop en opregte gesprek te luister en te deel en daardeur van hulp te wees om saam met ‘n begeleide na die waarheid en beter insig te soek in spesifieke situasies sowel as die alledaagse. Ek is passievol oor mense, het empatie en wil mense graag bemoedig om die lewe te waardeer en altyd te soek na die goed en mooi in elke oomblik. Ek glo dat ons in elke situasie die geestelike brood wat ons nodig het ontvang wanneer ons ontvanklik en openhartig daarna soek. Selfs moeilike situasies is soms juis die brood wat ons nodig het om te groei en gesnoei kan word om meer vrug te dra. Uit eie ervaring kan ek daarvan getuig end is dit ‘n voorreg om ander te begelei om dit ook te ervaar.
Taalvoorkeur: Afrikaans
Ligging: Swakopmund
