Suzette Fischer

Spirituele begeleiding is deel van my lewe.

Dit is ‘n voorreg om saam met mense in die teenwoordigheid van God te kan sit. Dit is belangrik om gereeld by my eie spirituele begeleier uit te kom, om bewus te bly van God se teenwoordigheid in my eie lewe.

Dinge wat my inspireer: Mense en die Natuur!
Mense van verskillende agtergrond, taal, ouderdom, kultuur en geloof. Ek sien die Here se hand in die natuur. Ek stap en swem graag.

Areas in spirituele begeleiding waarin ek spesialiseer of oor passievol voel: Die Enneagram, Diversiteit, “Breathwork” en “Dreamwork”.

Taalvoorkeur: Afrikaans & English

Ligging: Pretoria

Kontak Suzette Fischer