
Pieter de Wet
Dit was my voorreg om vir 32 jaar die leraar en Pastorale Sielkundige in Weskoppies Psigiatriese Hospitaal te wees.
Spirituele Begeleiding is vir my die ruimte waarin ‘n Begeleier en Begeleide hulle oopstel vir die teenwoordigheid van God in die “hier en nou” van die Begeleide se geloofsreis.
Ek vind inspirasie in die unieke teenwoordigheid van God in ons elkeen se lewe: “In Hom leef, beweeg en is ons.”
Ek is gemaklik met direkte of aanlyn gesprekke.
Taalvoorkeur: Afrikaans
Ligging: Centurion
