
Marguerite Kruger
Ek identifiseer as ‘n “Wounded Healer” wat graag ‘n pad saamstap met enigiemand wat na ‘n dieper verhouding met God smag. Die pad van spirituele begeleiding is ‘n konstante leerproses waar ons mekaar raaksien deur die oë van ‘n Genadige en Liefdevolle God en Vriend. Dit is ook ‘n lewensnoodsaaklike reis na binne waar ons onsself beter leer ken en kwesbaar maak deur ons ego en donkerkant raak te sien en oop te stel vir die werking van die Heilige Gees in alle fasette van ons lewens. Ek is passievol oor mense en geniet dit om wyd te lees, deel te neem en te kyk na verskeie sportsoorte. Ek om-arm die Misterie van ons uitdagende en paradoksale lewensreis!
Taalvoorkeur: Afrikaans
Ligging: Pretoria
