
Louna Marx
Vir my het spirituele begeleiding die deur na daardie iets ekstra in die lewe oopgemaak.
Ek is woonagtig in Pretoria en vir meer as 20 jaar in die Personeel en Ontwikkelings-omgewing werksaam. Dit is my passie om iemand te help om vrede te vind.
Ongeag van waar jy jou op jou geestelike reis bevind kan ons saam tydens vertroulike sessies (in persoon of aanlyn) in ‘n veilige ruimte jou verhouding met die Goddelike verken en ook meer van jouself ontdek. Tydens hierdie sessies luister ek graag na wat op jou hart lê en gebruik ons verskillende geloofspraktyke soos o.a. refleksie en gebed in jou soeke na God se teenwoordigheid en wil in jou lewe.
Soli Deo Gloria
Taalvoorkeur: Afrikaans
Ligging: Pretoria
