
Lisa-Mari Prinsloo
Vir my is begeleiding die spasie waar mense met hulle pyn, ongemak en vreugde kan gaan sit, dit aan hulle lywe kan voel en dit in die gesig staar. Saam met die lewende God word futiele pogings vrugtevol.
Eenvoud, opregtheid en die “gewone” inspireer my. Wanneer ek in die natuur is, stories hoor, mense se interaksies waarneem, kreatiwiteit kan waardeer en meegevoer word met musiek inspireer dit my ook.
Ek is passievol oor geloofspraktyke, die teenwoordigheid van God in die alledaagse en die ontdekking van die unieke teenwoordigheid van God in mense se lewens.
Taalvoorkeur: Afrikaans
Ligging: Centurion
