Gardial Potgieter

Gebore in 1969 en grootgeword in Pretoria, woon ek tans saam met my man op ’n kleinhoewe in Groot Brakrivier, naby George. Ek het ’n liefde vir die natuur, lees, kuns en die verdieping wat stilte bring. ’n Paar jaar gelede het ek by Viam Dei aangesluit en begin om God se teenwoordigheid dieper te beleef en geestelik te groei. In 2019–2020 het ek die Spirituele Begeleidingskursus voltooi aan die Centre for Contemplative Spirituality, asook ’n kursus in Pastorale Naratiewe Terapie.

My passie is om saam met mense in hul stories te stap, veral in tye van verlies en trauma. Spirituele begeleiding is vir my ’n heilige ruimte waar ons luister vir tekens van God se teenwoordigheid en genade, en waar kuns, simboliek en kreatiwiteit ’n pad van innerlike ontdekking en transformasie kan word.

Taalvoorkeur: Afrikaans & English

Ligging: George, Groot Brak

Kontak Gardial Potgieter