
Corneil du Plessis
Ek woon in Alberton en is in 2018 opgelei as geestelike begeleier. Na my aftrede is ek tans in ‘n deeltydse hoedanigheid betrokke as predikant by die NG Kerk Alberton-Oos.
Vir my is geestelike begeleiding die heilige ruimte waar ons ervaar dat God in elke aspek van ons menswees teenwoordig is.
Ek word geïnspireer deur die kunste. Kreatiwiteit en die eerlikheid waarmee na die werklikheid gekyk word kan ons help om te ervaar dat ons en God saam besig is met ‘n grootse kunswerk in ons lewens.
Die areas in spirituele begeleiding waaroor ek passievol voel is hoe ons God verstaan en hoe Hy teenwoordig is in tye van verandering.
Kontak my asseblief as jy wil saam reis en wil groei in jou lewe saam met God. Ons kan dit ook aanlyn doen.
Taalvoorkeur: Afrikaans
Ligging: Alberton
