Christo Louw

Spiritule begeleiding energeer my. Vir my as begeleier is dit die voorreg om saam met ‘n ander ‘n spasie te betree waar ‘n reis na binne gefasiliteer word. ‘n Spasie van vertroulikheid, saam luister en groei. ‘n Stukkie gereedskap wat ek baie handig vind in die gesprek is die Enneagram. Dit help om elkeen se unieke persoonlikheid te verstaan en te waardeer. My gif en my gawes. Wat my nederig maak is om algou te besef dat die gesprek eintlik gestuur word deur iemand wat meer is as net ons twee. Dis heilige grond. Hier verstaan ons al meer hoe die “gewone lewe” ook heilige grond word.

Taalvoorkeur: Afrikaans

Ligging: Bloemfontein

Kontak Christo Louw