
Charlotte Ras
Na ‘n brandende braambos ervaring in 2012 het ek by ‘n kruispad in my lewe gekom en het na ‘n lang pad met Viam Dei die kursus in Spirituele begeleiding voltooi.
Tans is ek ‘n afgetrede intensiewesorg-verpleegster, ma van 3×2 en ‘n gelukkige ouma van 7 woonagtig in George en baie lief om in die berge en langs die see te stap.
Die wonder van Spirituele Begeleiding vir my lê in God se teenwoordigheid in ons gesprekke en hoe Hy ons ontmoet presies waar ons ons op daardie gegewe oomblik in ons lewens bevind.
Dit is vir my ‘n voorreg om hierdie paaie met mede reisigers te verken.
Taalvoorkeur: Afrikaans
Ligging: George
