
Albertus Louw
My eerste persoonlike blootstelling aan Spiritueele begeleiding, 16 jaar gelede, was lewensveranderend. Dit het my gelei op ‘n pad van groei en selfontdekking.
Spirituele begeleiding is ‘n besondere manier om te groei in selfkennis en die bewuswording van God se betrokkenheid in mens se lewe. As begeleier skep ek graag, saam met die begeleide, ‘n ruimte vir insig, ontdekkings en groei onder die leiding van die Gees. Wat my inspireer en motiveer in Spirituele begeleiding is om te sien hoe God mense aanraak en bedien terwyl ek net ‘n toeskouer kan wees van die wonder wat voor my plaasvind.
Ek begelei graag enige persoon in Engels of Afrikaans met enige vraag of situasie. Ek is passievol om begeleiding te bied vir mense wat vasgeval voel in hulle geloofservaring of begrip van God.
Ligging: Melkbosstrand
