Geestelike
Begeleiding

Kontemplatiewe Spiritualiteit

Begeleiers
Opleiding

Gebeure en
Stil-Retreats

DOEL VAN DIE SENTRUM VIR KONTEMPLATIEWE SPIRITUALITEIT

Die Sentrum vir Kontemplatiewe Spiritualiteit dien as ‘n bron van inligting en ‘n vertrekpunt vir geestelike soekers en geestelike begeleiers binne die Christen kontemplatiewe tradisie.

Ons doen dit deur die aanbied van ‘n kursus in geestelike begeleiding, die aanbied van geestelike begeleiers se dienste en die daarstel van ander geleenthede en inligting wat ‘n dieper verstaan van die kontemplatiewe spiritualiteit kan tuisbring.

GETUIENIS VAN VORIGE KURSUSGANGERS

Alhoewel ek al sedert 2012 op ‘n kontemplatiewe geloofsreis was en ‘n kontemplatiewe dissipline beoefen het, het die opleiding vir my die kosbare wêreld van spirituele begeleiding oopgemaak.

Corneil du Plessis

Ek het deur die jare agtergekom en beleef dit self dat Spirituele Begeleiding een van die effektiefste, kragtigste en sagste instrumente/geloofsgewoontes is wat God gebruik om sy mooi vormingswerk in en deur my te doen.

Ferdinand van Niekerk

Ek leef eenvoudiger….stiller…stadiger….dieper in God se genade op my reis. Dankie dat ek deel kan wees van hierdie reis.

Annali Honiball

For me, one of the best experiences of the past year was re-connecting with other people who ‘speak the same language.

Ruthild Lange

Personeel

George Angus is die afgelope 25 jaar besig met kontemplatiewe spiritualiteit. Die goue draad wat deur sy ervarings van voltydse bediening, die bestuur van ‘n houtwerk- en ingenieurswerkswinkel, skryf, beeldhouwerk en restourasie loop, is kontemplatiewe spiritualiteit. Hy het ‘n Meestersgraad in Teologie, ‘n Honneurs in Sielkunde, en het gevorderde opleiding in geestelike begeleiding ontvang deur die Jesuïete-instituut. George het die Living School van die Centre for Action and Contemplation onder leiding van Richard Rohr in Albuquerque bygewoon. Hy bestuur saam met sy vrou, Matilda, The Restory Retreat Centre buite Wakkerstroom.

Nicolin Hoffmann het haar opleiding as geestelike begeleier in 2009 onder suster Mary Fisher voltooi. Sy het daarna vir etlike jare gereeld veral dames retreats aangebied asook meditatiewe dienste by Oosterlig gemeente in Pretoria. Met ‘n meestersgraad in Kreatiewe Leierskap was haar fokus op kreatiwiteit as spiritualiteit. Sedert 2014 speel sy ’n leidende rol in die opleiding van geestelike begeleiers en nadat sy ‘n paar jaar in Duitsland saam met haar man gewoon het, is sy weer terug in Suid -Afrika en deel van die opleidingspan.

Marina van der Linde het teologie aan die Universiteit van Pretoria gestudeer en ‘n PhD in die veld van Christelike Spiritualiteit verwerf. Sy is opgelei as ‘n geestelike begeleier en is vir baie jare deel van die fasiliteerdersspan. Sy is passievol oor kontemplatiewe spiritualiteit en al die aspekte daarvan. Sy is vir meer as 25 jaar voltyds in die bediening, waar sy mense begelei in prosesse van geloofsvorming, innerlike transformasie, kontemplatiewe spiritualiteit en teologie.